Ek het hierdie Epos ontvang, ek wil dit graag deel met al ons kliente. Ongelukkig kan ek nie bevestig waar die informasie vandaan kom nie, asook nie hoe waar dit is nie.

Sou u enige tekens sien soos verduidelik in die epos, kontak onmiddelik u naaste SAPS.

Morne Le Grange

GEVAARTEKENS

INDIKASIE MIDDELS dat jou huis gemerk is vir inbraak!!! Glo dit ek weet dis waar LET OP HIERNA !!!!!!

■ VERF
● “Z” of “X” op stopteken of op pad geverf / gekrap – ’n paar huise in die straat wat geroof kan word / goeie straat om in te “werk”
● Verfmerke / krapmerke word herhaal op mure of randsteen of in straat voor huise

■ KLIPPE EN STENE
● Klomp klein klippies opmekaar gestapel – daar is honde ● Gebruik ook deesdae plastiese koeldrank / melkbottel proppies in verskillende kleure ● Twee groot klippe langs mekaar is – gewoonlik 2 ou mense / weerloses / slegs vrouens ● Klippe langs mekaar in ’n ry – dui aan hoeveel mense in die huis bly / op plaas is ● Bakstene / “paving” – verwag ‘n roof / voertuigdiefstal / kaping / geld in huis??

■ ROOI
● Dui gewoonlik op gevaarlike teiken / gaan weerstand kry / roof / kaping / plaasaanval ● Coke blikke / bottels / rooi lap / lint / KFC boks – weerstand verwag / persone met vuurwapens / mense wat paraat is / goeie hekke en diefwering / alarm??
● Weet jy het ’n wapen / is paraat – gewoonlik 2 of meer Coke blikkies / bottels / ander rooi teken + kombinasie met klippe / stene ● Coke blik / bottel oopkant na huis – gemerk – iemand tuis ● Coke blik, ander teken wat regop staan – niemand in huis?? / minder gevaarlike teiken ● Rooi lint / sak, met of sonder knope in – pasop vir honde gif!!
● Rooi tekens ook in kombinasie met klippe / “paving” / takke / proppies, ens hou dit tussen reaksie. Stuur aan al jul contacts sodat die mense bewus kan wees en meer oplettend

Leave a Reply