Alpha Security

Modimolle verhoor in hof hervat – Nuus24 11 Mei 2012
Johannesburg – Vier mans wat daarvan aangekla word dat hulle ‘n vrou gemartel en verkrag het, sal Vrydag na verwagting in die Modimolle-landdroshof verskyn.

Johan Kotze het Mmapuru Peter Mohlako, Andries Paparona Sithole en Sello Frans Mphaka aangestel om in die tuin van die Kotze-gesin se huurhuis in Modimolle te werk.

Kotze het hulle na bewering op 3 Januarie met ‘n vuurwapen aangehou en hulle geforseer om sy vrou te verkrag en met voorwerpe soos ‘n skroewedraaier te vermink.

Die sogenaamde “Modimolle-monster” het nie aansoek om borgtog te doen nie. Sy medebeskuldigdes is borgtog geweier.

Dinge draai in my guns – Beeld 4 Mei 2012
Neels Jackson

Mnr. Henry Jackson (57), ’n Zimbabwiese boer wat verlede week gehoor het hy is sy plaas kwyt, sê dit lyk of dinge in sy guns draai sonder dat hy ’n vinger verroer het.

Jackson se versoenende reaksie op die oorname van sy plaas het die laaste dae wye reaksie ontlok. Hy het onder meer aan die nuwe eienaar van die plaas buite Gweru gesê hy seën hom en sal hom help.

Jackson het gister gesê dit lyk of ’n paar grootkoppe in Zanu-PF gehoor het wat op sy plaas gebeur.

Hulle neem nou standpunt in teen die grondkommissaris wat sy plaas wil onteien en stuur vir hom boodskappe dat hy op die plaas moet bly.

“Dis asof ek eenkant staan en hulle veg teen mekaar.”

Jackson sê dis presies wat in verskeie gevalle in die Bybel gebeur het. Die verhaal van Gideon is een voorbeeld waar die vyand teen mekaar begin baklei het.

Hy weet hy het regte en dat die dokumente vir die onteiening van sy plaas nie in orde is nie. Hy het egter besluit om nie te veg nie, maar om die saak in die Here se hande te plaas.

Ook daarvan het die Bybel baie voorbeelde, sê hy.

Hy het oorspronklik ’n fabriek op Gweru besit. Hy is ook ’n pastoor van die United Apostolic Faith Church.

Jackson het gesê toe die plaasbesettings in 2002 ’n hoogtepunt bereik het en sy broer, mnr. Japie Jackson, sy plase verloor het, het hy gevoel dis verkeerd.

Hy moes standpunt daarteen inneem.

Destyds het hy in ’n ruiltransaksie die plaas buite Gweru bekom.

Die vorige jaar het hy ’n stuk geskryf wat in Beeld gepubliseer is waarin hy gesê het waarom hy in Zimbabwe aanbly terwyl talle ander die land verlaat.

Hy weet hy kan elders tien keer soveel verdien as in Zimbabwe, het hy destyds geskryf.

Hy het egter geleer dat die lewe nie daaroor gaan om geld te maak nie, maar eerder oor omgee vir mense.

In sy bykans tien jaar op die plaas het hy met dié ingesteldheid geboer.

Hy vertel hoe hy mense betaal het om saad van ’n sekere soort doringboom te versamel omdat dit goeie voedingswaarde vir sy beeste sou hê.

In 2008, toe daar niks kos was nie, het hy die mense met mieliemeel betaal. Só kon hulle ’n hele gemeenskap aan die lewe hou.

Oor die afgelope tien dae se gebeure sê Jackson hy het gevoel hy moet stil wees en op die Here vertrou. Hy moenie hardekop wees nie.

Oor die jongste aanduidings dat dinge besig is om in sy guns te swaai, sê hy:

“Die Here is baie groter as ons.”

My plaas is nie al die haat werd – Beeld 30 April 2012
Henry Jackson

Hoe reageer ’n boer wanneer daar op sy plaas beslag gelê word? Henry Jackson, ’n boer van Gweru in Zimbabwe, het die volgende boodskap gister aan vriende en familie gestuur nadat dit verlede week met hom gebeur het.

‘My plaas is gevat! Daardie frase is amper so skrikwekkend as die woord ‘kanker’.

Dinsdag 24 April, terwyl ek besig was om kuilvoer te sny, het vier spoggerige voertuie my plaaswerf ingejaag en omtrent 20 mans het uitgespring, donker van woede en siedende haat.

Ek het oorgestap en vriendelik gegroet, maar net mompelende antwoorde gekry.

Die leier, die grondkommissaris, het begin: ‘Jy weet dat die regering alle plaasgrond verkry het en dat jy onwettig op die plaas bly.’

‘O,’ het ek geantwoord.

‘Wel,’ het hy voortgegaan. ‘Ons het ’n nuwe eienaar wat ons wil bring en aan jou wil voorstel.’

Hy het gevra of daar plek is waar ons kon sit en praat, en toe ons (bene uitgestrek) ons sit gekry het op ons stoep se stoele, het die intimidasie begin.

‘Ons verwag dat jy saamwerk met die nuwe eienaar. Ons wil hê die oorgang moet vlot verloop.’

’n Besonder groot individu het bygevoeg, met diep haat wat uit sy gesig straal: ‘As jy nie saamwerk nie, sal ons ons kêrels stuur en jy sal sonder enigiets weggejaag word – nie eens jou klere nie. Jy sal niks saamvat nie.’

Nog ’n man het gevra: ‘Weet jy wie ek is?’

Ek het gesê ek weet nie.

Hy het gesê:

‘Ek is mnr. *** (ek kan nie sy naam onthou nie) en ek kan mense binne twee uur van hul plase afkry!’ Hy het

twee vingers in die lug gehou en kragdadig herhaal: ‘Twee uur!’

Ek was taamlik stil tot op dié punt, maar het toe sag geantwoord: ‘Mnr. ***, ek wil vir jou iets sê wat ek wil hê

jy moet hoor.’

‘Wat is dit?’ het hy nors gevra.

Terwyl ek my vinger na hom wys, het ek sag gesê: ‘Ek vrees jou nie. Ek vrees slegs vir God. Ek en jy sal albei eendag sterf en in ons eie skoene sal ons voor God staan en verantwoording doen vir wat ons in dié lewe

gedoen het, jy vir jou dade en ek vir my reaksie daarop.’

Dit het gelyk of dit hom taamlik van stryk gebring het.

Met nog baie dreigemente is hulle daar weg, so vinnig as hulle gekom het, en met die belofte om die middag terug te wees om die nuwe eienaar aan my voor te stel.

Toe hulle terugkom, was daar minder van hulle en net twee motors, en ek het tyd gehad om tot verhaal te kom.

Die man, sy naam is Philemon, wou weet hoeveel tyd ek nodig het en ek het gesê: ‘Ses maande sou ideaal wees sodat ek deur die winter kan kom.’

Hy het gesê dis te veel en ek het gevra hoeveel tyd hy my sou gee. Hy het gesê: ‘Drie maande.’

Ek het besef dit was baie welwillend vergeleke met wat ander boere gekry het en dit aanvaar.

Binne ’n paar uur was die saak beklink en ek het my plaas, my lieflike huis en blyplek verloor, met nêrens om te gaan nie.

Maar die Here het my voorberei op dié dag. Oor die afgelope twee jaar het die Here baie met my gepraat oor my eie hart se houding en daar het baie reiniging plaasgevind.

Veral die afgelope drie maande het hy dikwels die gedagtes in my hart geplaas dat ek my plaas gaan verloor.

Ek het geweet daar kom ’n toets in my lewe en dat Hy van my, sy kind, verwag om te reageer soos hy sou.

Toe die voertuie Dinsdag ingejaag kom, het ek dadelik geweet die tyd het aangebreek. Julle sien, daar is niks

wat in dié lewe gebeur wat vir ons hemelse Vader ’n verrassing is nie.

As ons sy kinders is, is ons lewens veilig in sy hande. As ons na sy stem luister en doen wat Hy sê, is daar

geen rede om bang te wees vir wat mense aan ons kan doen nie, of om die toekoms te vrees nie.

En wat sê Hy moet ons doen as dié soort ding met ons gebeur? Is ons gewillig om sy woorde op ons lewens toe

te pas?

Matteus 5:44 sê: ‘Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel …’

Is Jesus se opdrag vir ons bedoel of nie? Waarom sien ek so baie Christene met sulke diep rassehaat en bitterheid wat in hulle kook?

Moet ons nie kinders van ons Hemelse Vader wees wat sy karakter uitstraal nie? Watter getuienis leef ons uit

as ons met siedende woede reageer? Hoe is ons dan beter as die wêreld?

Toe ek Philemon die volgende dag sien, was hy nog net so senuweeagtig en hy het op die punt van sy stoel gesit.

Ek het vir hom gesê: ‘Philemon, al het ek nêrens om heen te gaan nie en al het jy op een dag my lewensdroom

van my weggeneem, sal ek nie bitter of kwaad vir jou wees nie.

‘Ek wil jou seën as jy die plaas oorneem. Ek wil jou help sover ek kan. Ek wil hê jy moet dié plaas soveel geniet

as wat ek dit geniet het.’

Hy het positief gereageer en meer verbasende toegewings gemaak.

‘Jy kan alles wat jy wil van die plaas af neem en as jy bereid is om enigiets te los, sal ek jou daarvoor betaal,’

het hy gesê.

Ons het blad geskud en is as vriende uitmekaar.

Die Bybel sê: ‘’n Mens wat kwaad word, doen nie wat voor God reg is nie.’ (Jakobus 1:20).

Ons moet die groter prentjie raaksien en nie so styf vashou aan die paar aardse besittings wat ons het nie.

Ons Hemelse Vader is goed in staat om in al ons behoeftes te voorsien, en as ons ons aardse besittings in oop hande hou, kan hy daarvan neem of daarby voeg wat Hy wil.

Nie eens ’n mossie val sonder dat Hy dit weet nie. Kan Hy nie voorsien in ’n huis en plek om my koeie te melk nie? Natuurlik kan hy!

Waarom sal ek dan toelaat dat my hart gevul word met haat vir ’n man vir wie Jesus gesterf het? Ek wil liewer sien dat dié man en sy gewelddadige vriende in die Koninkryk ingebring word.

Jy sal nooit die oorlog van rassehaat met haat wen nie. Dit kan slegs gewen word met liefde en vergifnis.

Die sterkste krag ter wêreld is nederige liefde. Het Hy nie gesê: ‘Die sagmoediges sal die aarde beërwe’ nie?

Moenie die enorme krag van eenvoudige nederigheid onderskat nie – waar ons sê: ‘Nie my wil nie, maar u wil geskied.’

Natuurlik is dit wat hulle doen onwettig. Ek kan die saak wen as ek hof toe gaan. Maar teen watter prys? Met meer haat, met intimidasie en geweld teen my werkers, en verskrikking vir my liewe vrou? Nee, ’n plaas is dit nie werd nie.

Ek sal nie ’n stuk grond probeer behou en my kosbare vrou in gevaar stel en aan verskrikking blootstel nie.

Sy is baie meer werd as ’n plaas.

Soos sake nou staan, het ek nêrens om heen te gaan nie. Jesus se dissipels het Hom gevra waar Hy tuisgaan. Hy het geantwoord: ‘Die jakkalse het gate en die voëls het neste, maar die Seun van die Mens het nêrens om sy kop neer te lê nie.’ Ek voel ek is in goeie geselskap!

Maar ek het ’n absolute en bonatuurlike vrede en vertroue dat my Hemelse Vader iets baie beters vir my het

as wat ek gehad het. Hy maak een deur toe net om ’n baie groter deur oop te maak.

So, vir julle wat gehoor het dat my plaas gegryp is. Moet asseblief nie om my onthalwe die vuur van rassehaat

en bitterheid aanblaas nie.

Plaas liewer jul vertroue volledig op ons liewe Hemelse Vader en wag om te sien hoe wonderlik hy dié situasie

tot sy eer gaan omkeer.”

Aanval op Ina ‘is beplan’ – Beeld 3 April 2012
Marietie Louw-Carstens

Modimolle (Nylstroom). – Mnr. Johan Kotzé het twee weke voor die aanval op sy vervreemde vrou die misdade met van sy medebe­skuldigdes beplan.

So is gister in die landdroshof aangevoer tydens die borgtogaansoek van mnre. Andries ­Sithole (42), Peter Mohlako (33) en Frans Mphaka (29).

Landdros Hannes Stoffberg het die drie borgtog geweier.

Hy het gesê omdat die 17 aanklagte waarop elkeen teregstaan skedule ses-misdrywe is, het die onus op hulle gerus om buitengewone omstandighede te bewys waarom hulle op borgtog vrygelaat moet word.

“Hulle het nie daarin geslaag nie.”

Adv. Renier van Rooyen, se­nior staatsaanklaer, het ’n verklaring van ao. Hendrik Kruger, ondersoekbeampte, aan die hof voorgehou.

Daarvolgens het ­Kotzé op 22 Desember al met Sithole oor die beweerde aanval gepraat.

Hulle het 20 keer op hul selfone met mekaar gepraat voor Dinsdag 3 Januarie, toe me. Ina Bonnette glo verkrag en haar seun, Conrad (19), in Kotzé se huurhuis in Kerkstraat, Modimolle, doodgeskiet is.

“Julle is lafaards. Julle het vir meer as ’n uur gestaan en niks gedoen (nie) toe ’n vrou gemartel, wreed verkrag en gesodomiseer is. Julle het niks gedoen om haar te help nie,” het ’n ontstoke Van Rooyen aan die drie beskuldigdes gesê.

“Hulle het selfone by hulle gehad, maar het nooit die polisie gebel nie. Deur hul toedoen is die slagoffer se kind boonop doodgeskiet.”

Selfoonrekords wys die drie mans was op 3 Januarie in Modimolle.

Die drie mans het uitwysings aan die polisie gedoen, onder meer die bed waarop Bonnette vasgebind was. Hulle het ook die plek uitgewys waar Kotzé hulle ná die aanval glo sou oplaai. Hy het dit nooit gedoen nie.

Die drie mans het getuig hulle was “getraumatiseerd en bang” vir Kotzé.

“As hulle bang was vir hom, hoekom het hulle op hom gewag om hulle ná die tyd op te laai?” het Van Rooyen gevra.

Kotzé het tydens die aanval aan die drie mans gesê om omgang met Bonnette te hê, “want hy is te vet en sy wil van hom skei”.

Kotzé het glo ook aan hulle gesê hy sal hulle betaal. Hy het aan hulle sykouse gegee om oor hul gesigte te trek.

Mohlako en Mphaka het in ’n hangkas weggekruip en gewag totdat Bonnette in die huis instap. Sy is oorval en ’n handdoek is oor haar kop gegooi.

Die drie het die gru-aanval op Bonnette in grafiese besonderhede beskryf.

Van Rooyen het gesê nie een van hulle het ooit tydens ondervraging aan die polisie gesê Kotzé het hulle gedreig om aan die aanval deel te neem nie.

Mnr. Mxolisi Moolman, regshulpraadprokureur wat vir die drie optree, het gesê die mans is slagoffers en nie misdadigers nie. “Hulle is as instrumente deur Kotzé gebruik.”

Kotzé het na die mans as k*****s verwys.

Hy het gesê die verhouding wat tussen Kotzé en die drie mans was, was dié van “k****r en baas

Kotzè – medepligtiges borgtog geweier – Rapport 1 April 2012
Modimolle – Die drie mans wat saam met Johan Kotzé daarvan aangekla word dat hulle Kotzé se vervreemde vrou, Ina Bonnette, verkrag en gemartel het, is Maandag in die Modimolle-landdroshof borgtog geweier.

Landdros Hannes Stoffberg het gesê die vermeende verkagters kon nie bewys waarom hulle op borgtog vrygelaat moet word nie, het Marietie Louw van Beeld uit die hof getweet.

Die drie, Andries Sithole, Peter Mohlako en Sello Frans Mphaka, is aangekla van verkragting, moord, sameswering tot verkragting, ontvoering en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Hulle het Kotzé se vrou glo verkrag en met verskeie items, onder andere spykers en ‘n skroewedraaier, op 3 Januarie gemartel.

Hulle is gehuur om in die tuin van Kotzé se gehuurde huis in Modimolle te werk. Hy het hulle glo gedwing om die aanval op sy vrou uit te voer.

Die drie het Vrydag tydens hul borgaansoek aan die hof gesê hulle is getraumatiseer, Hulle het hul families vertel wat gebeur het toe hulle by die huis gekom het, maar hulle was bang om na die polisie te gaan, want Kotzé was nog op vrye voet.

Beeld het vroeër berig die staat voer aan dat die mans nie met ‘n geweer deur Kotzé gedreig is om die dade te pleeg nie. Bonnette het vroeër in haar verklaring gesê die mans is nie gedwing en gedreig om die dade te pleeg nie.

Die mans het ook nie in hul verklarings vroeër melding daarvan gemaak nie.

Die drie het Vrydag aangevoer dat hulle onder dwang opgetree het, dat Kotzé ‘n wapen op hulle gerig het en dat hulle ook eintlik slagoffers is.

Die beskuldigdes sal weer op 11 Mei saam met Kotzé in die hof verskyn.

Niks gebeur toe hy swart pistool in sy mond druk – Rapport 1 April 2012
Julian Jansen en Carien Kruger

Nadat hy twee sakemanne en ’n regsadviseur doodgeskiet het, het mnr. Martin van Deventer sy swart 9 mm-pistool in sy mond gedruk en die sneller getrek.

Net ’n klikgeluid.

Verwilderd het hy toe die magasyne van sy pistool omgeruil, weer die loop in sy mond gesit en die sneller getrek.

Dit het aan die lig gekom dié afgetrede struktuur-ingenieur van Gordonsbaai moes eers sy pistool herlaai voor hy homself om die lewe kon bring nadat hy oomblikke tevore die drie mans doodgeskiet het.

Van Deventer het saam met sy prokureur, mnr. Deon Beukman van Somerset-Wes, met sy skuldenaars, mnre. Johan Griessel (50) en Pieter Erasmus (53) van Mayborn Investments 75, en hul regsverteenwoordiger, mnr. Wimpie van Heerden (56), vergader.

Saam met hulle was mnr. Louis du Randt, wat namens ’n prokureursfirma vir Mayborn opgetree het.

Die oorsaak van Van Deventer se frustrasie was die trae terugbetaling van sy miljoene nadat hy in 2009 sy plaas Groot Valy in Springs vir R12 miljoen aan Mayborn verkoop het.

Volgens mnr. Douglas Richards, direkteur van Du Randt Richards Ingelyf, sou Mayborn, volgens die koopkontrak, R6 miljoen by die oordrag van die eiendom betaal en die balans by die uitreiking van ’n dorpstigting-sertifikaat.

Beukman het eergister aan Rapport gesê Van Deventer het spesifiek Gauteng toe gevlieg om by Mayborn te hoor hoe hulle die altesame R16 miljoen gaan betaal.

Hy het nog net R2,5 miljoen gekry.

Beukman het gesê Mayborn het ’n skulderkenning van R6,64 miljoen onderteken én ’n koopkontrak aangegaan van vaste eiendomme ter waarde van R12 miljoen, “met nog rente”.

Na verneem word, wou Mayborn op die Villa Valy-ontwikkeling bekostigbare wooneenhede bou, maar het met talle probleme gesukkel, waaronder hersonering.

Dit was so erg dat me. Cheryllyn Dudley, ACDP-LP, in 2010 namens die ontwikkelaars in die parlement gevra het hoekom dit so lank sloer om die nodige regte toe te staan om ’n ou mynhostel in 499 wooneen­hede te omskep.

Van Heerden het in Maart 2010 in ’n e-pos aan Dudley geskryf ’n deel van hul grond was sedert 1929 al vir die bou van ’n pad geoormerk.

Toe het die Ekurhuleni-munisipaliteit ook geëis dat Mayborn om ’n padsluiting aansoek doen én die grond koop.

Dit sou glo ’n lang proses wees “en ons kan nie bekostig om meer tyd te verloor nie”, het Van Heerden toe geskryf.

Du Randt het eergister gesê sy kliënte het die pad ’n “oorbrugbare probleem” genoem.

Die grootste struikelblok vir hul dorpstigting-aansoek was ’n vereiste bestralings-impakstudie omdat die grond naby ’n goudmyn is.

Dit kon tot R500 000 kos en die inligting was moeilik bekombaar.

Intussen het ’n finansier, wat R20 miljoen vir die beginfase van die ontwikkeling aan Mayborn geleen het, regstappe begin om hul terugbetaling te eis.

Mnr. Louis du Randt, prokureur vir Mayborn Investments:

Ons ses sit om die lang tafel en bespreek moontlike oplossings vir die vertragings met die Villa ­Valy-ont­wikkeling.

Ná ’n driekwartier staan mnr. Martin van Deventer op en sê vir mnr. Pieter Erasmus: “Ek is 65 jaar oud, my geld is op, kan julle my maandeliks afbetaal?”

Erasmus antwoord dat hy ook van die ontwikkeling vir geld afhanklik is en hom dus nie kan betaal nie.

Van Deventer draai dan na mnr. Johan Griessel en vra: “Kan jý my betaal?”

Griessel sê dat hy in dieselfde si­tua­sie is.

Waarop Van Deventer hom vra wat hulle met die R20 miljoen gedoen het.

Griessel draai na my en sê-vra: “Ons hoef dit seker nie vir jou (Van Deventer) te gee nie.”

Voordat ek kan antwoord, hoor ek ’n skoot klap en sien hoe Griessel getref word.

Hierna volg die skote vinnig op mekaar en word mnre. ­Pieter Erasmus en Wimpie van Heerden ook afgemaai.

Ek staan op, maar Van Deventer beveel my om te sit.

Daarna gee hy sý prokureur, mnr. Deon Beukman, opdrag om by die deur te gaan staan.

Nadat Van Deventer die drie geskiet het, stap hy na hulle, sê hy wil “seker maak” en skiet elkeen ’n tweede keer.

Op my versoek laat hy my ook toe om by die deur te gaan staan.

Dan sê hy vir Beukman dat hy sy eie lewe gaan neem en vra Beukman om na sy “vrou” te kyk en sy boot te verkoop.

Hy gaan sit in die hoek van die kantoor, sit die loop van die vuurwapen in sy mond, trek ’n skoot, maar daar is net ’n klikgeluid.

Hy kyk verwilderd op, haal die loop uit sy mond, sit ’n ander magasyn in en trek weer die sneller.

Mnr. Deon Beukman, prokureur van Van Deventer:

Die skietery was nie op die ingewing van die oomblik nie en die ding (frustrasie oor nie-betaling) kom al lank aan. Ek sou nie die skieter, geklee in ’n blou geweefde hemp, kortbroek en sandale, in die kantoor kon konfronteer nie, want ek was bang dat ek geskiet kon word.

Ek kan nie enige drasak onthou waarin Van Deventer sy vuurwapens kon weggesteek het nie.

In ’n restaurant het ons ’n glasie lemoensap gedrink voordat ons na die vergadering is.

Me. Jean Parker, Van Deventer se 68-jarige vriendin, ’n afgetrede dans-instrukteur van Gordonsbaai, wou by navraag nie kommentaar lewer nie.

Sea Dog, die boot wat Van Deventer besig was om te restoureer, het gister verlate in die Gordonsbaai-hawe gelê.

Henning saak gereed – Nuus 24 30 Maart 2012
Hanti Otto

Pretoria – Die ondersoek na die huurmoord op Chanélle Henning is afgehandel en die akte van beskuldiging is gereed.

Die staat is egter besig met pleitonderhandelings met mnr. Preshan Singh, die enigste van die drie beskuldigdes wat borgtog gekry het, en Ambrose Monye, ’n medebeskuldigde, wil om borgtog aansoek doen.

“Omdat die staat nog onderhandel en mnr. Monye se borgtogaansoek die datums op die akte van beskuldiging kan raak, gaan die staat dit nie vandag aan die beskuldigdes beteken nie,” het adv. Andrea Johnson, staatsaanklaer, Donderdag in die Pretoriase streekhof gesê.

Singh, Monye en André Gouws is in 2011 gearresteer op aanklag van sameswering om Henning op 8 November 2011 te vermoor, haar moord en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

Nog twee beskuldigdes, Willem Martinus Pieterse en Gerhardus du Plessis, is in Desember verlede jaar elk tot effektief 18 jaar tronkstraf gevonnis nadat hulle ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan het.

Singh is vroeër op R5 000-borgtog vrygelaat nadat dit geblyk het hy sal dalk net van die onwettige besit van ’n vuurwapen aangekla word.

Gouws, ’n vriend van Henning se vervreemde man, Nico, is borgtog geweier. Die polisie het tydens Gouws se borgtogaansoek beweer mnr. Henning was dalk die “baasbrein” agter die huurmoord. Henning is egter nie gearresteer nie.

Adv. André Swanepoel, Monye se regsverteenwoordiger, het gesê Monye sal in April ’n borgtogaansoek bring.

Anel Jacobs, Gouws se pro­kureur, het mediese hulp vir haar kliënt gevra.

“’n Mede-gevangene het hom in die vroeë oggendure van Maandag aangerand. My kliënt se hand het erge infeksie. Ten spyte van talle versoeke is hy steeds nie vir mediese behandeling geneem nie.”

Gouws het toe sy linkerhand vir landdros Maryke de la Rey in die lug gehou sodat sy die swelling kon sien en sy het gelas dat hy vir behandeling geneem moet word.

Al drie verskyn ná Monye se borgtogaansoek weer in die hof.

Bloedbad was glo R6 miljoen se skuld – Nuus 24 30 Maart 2012
Gerhard Pretorius en Hilda Fourie

Pretoria – Die man wat homself en nog drie mans drie dae ná sy 65ste verjaardag in Centurion doodgeskiet het, het met ’n pistool, agt magasyne vol ammunisie en ’n .22-rewolwer aan hom na die rampspoedige vergadering met sy slagoffers gegaan.

Tog het Pieter Fourie, ’n kollega van die slagoffers, Donderdag gesê: “Alles het goed verloop. Niemand was kwaad vir mekaar nie. Ons weet nie waarom die skietery gebeur het nie.”

Martin van Deventer het Johan Griessel (50), Pieter Erasmus (53) en Wimpie van Heerden (56) Woensdag by die prokureursfirma Du Randt en Richards in Zwartkop doodgeskiet voordat hy selfmoord gepleeg het.

Griessel en ­Erasmus het Van Deventer glo R6 miljoen geskuld nadat hulle sy grond naby Strubenvale, Springs, vir R12 miljoen vir ’n eiendomsontwikkeling gekoop het, het hul prokureur, Louis du Randt, Donderdag gesê.

Van Heerden was albei partye se regsadviseur.

Volgens Du Randt sou die laaste R6 miljoen luidens hul kontrak aan Van Deventer gegee geword het as “die ontwikkeling eers aan die gang is”.

Deon Beukman, Van Deventer se prokureur, en Fourie was dit eens dat die ontwikkeling nog nooit van die grond af gekom het nie. Mayborn Investments 75, waarvan Griessel en Erasmus die direkteure was, sou die ontwikkeling, genaamd Villa Valy Residential Estate, hanteer.

Beukman het gesê “daar is al ’n muur of wat gebou”, maar nog geen huise nie. Dít was glo omdat sekere dokumentasie nog nie goedgekeur is nie.

Volgens Fourie sloer die ontwikkeling al sowat drie jaar weens ’n oponthoud wat betref die dorpstigting.

Woensdagoggend se vergadering was om sekere aspekte van die ontwikkeling tussen Griessel, Erasmus en Van Deventer uit te sorteer, het Fourie gesê.

Beukman het nie geweet Van Deventer het vuurwapens na die vergadering geneem nie.

Volgens Beukman was die sneller vir die moordtog toe die slagoffers vir Van Deventer gesê het: “Daar is nie geld om jou te betaal nie.”

Van Deventer het glo vir Griessel, Erasmus en Van Heerden gesê: “Is julle seker? Want dit is julle laaste woorde.”

Van Deventer het hulle een vir een in die kop geskiet. Hy het glo oor hul liggame gaan staan en hulle weer geskiet. Daarna het hy homself in die kop geskiet.

Van Deventer is ongetroud en het ’n seun uit ’n vorige verhouding. Sy vriendin, wat op Gordonsbaai woon, het geweier om kommentaar te lewer.

Sataniese Ritueel – Twee kry 17 jaar tronkstraf – Nuus 24 – 30 Maart 2012
Johannesburg – Twee van die mans wat erken het hulle het deelgeneem aan die sogenaamde sataniese ritueel waarin die 18-jarige Kirsty Theologo dood is, is elk tot 17 jaar tronkstraf gevonnis, het ‘n berig gesê.

Die vonnisse, waarvan vyf jaar opgeskort is, is Donderdag aan Lester Moody en Jeremy King – beide 18 – in die Johannesburg-landdroshof opgelê, het The Citizen berig.

Beide mans het ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan.

In ruil word daar verwag dat hulle teen die ander beskuldigdes, Lindon Wagner (21), Robin Harwood (18), Harvey Isha (23) en ‘n 15-jarige minderjarige moet getuig.

Theologo is in Oktober verlede jaar met petrol deurweek en op ‘n koppie agter die Linmeyer-swembad in Juliusstraat, Johannesburg, aan die brand gesteek.

Sy is ‘n week later in die Chris Hani-Baragwanath-hospitaal dood.

Haar 14-jarige vriendin is ook aan die brand gesteek, maar het oorleef, Sy het veloorplantings en ander behandeling ontvang om die skade wat deur die brand veroorsaak is te beperk.

Die saak teen Wagner, Harwood, Isha en die minderjarige is tot 13 April uitgestel

Bloedbad – Die Rede – Beeld 28 Maart 2012
Gerhard Pretorius en Hilda Fourie

‘Is julle seker? Want dit is julle laaste woorde,” het mnr. Martin van Deventer gevra. Toe skiet hy die drie mans een vir een in die kop.

’n Ontspoorde eiendomstransaksie was blykbaar die rede waarom Van Deventer gister mnre. Johan Griessel (50), ­Pieter Erasmus (53) en Wimpie van Heerden (56) in die raadsaal van ’n prokureursfirma in Centurion doodgeskiet het.

Al drie slagoffers was direkteurs van die Mayborn-ontwikkelingsmaatskappy.

Ao. Annabelle Middleton, polisiewoordvoerder, het gesê Van Deventer het daarna sy pistool op homself gekeer en hom in die kop geskiet.

Almal, behalwe Van Heerden, is in die raadsaal deur paramedici van Lifemed-ambulans­diens­te dood verklaar.

Van Heerden is na die Pretoria-Oos-hospitaal geneem, maar is kort ná sy aankoms dood, het mnr. Jeff Wicks, woordvoerder van Netcare 911, gesê.

Griessel, Erasmus, Van Heerden en Van Deventer het gisteroggend by die prokureursfirma Du Randt en Richards in Zwartkop vergader om oor geld vir ’n eiendom te onderhandel.

Griessel, Erasmus en Van Heerden het Van Deventer se plaas gekoop, het twee onafhanklike bronne bevestig.

Die helfte van die koopprys is met die kooptransaksie aan Van Deventer oorbetaal terwyl die res in ’n latere stadium betaal sou word.

Die drie kopers het na bewering gisteroggend aan Van Deventer gesê dat hulle nie in dié stadium vir hom die res van sy geld kan betaal nie.

“Is julle seker?” het hy gevra en ’n vuurwapen uitgehaal.

Mnr. Louis du Randt van die prokureursfirma Du Randt en Richards het gesê hy het saam met die vier mans in die konferensiesaal gesit.

“Ek weet nie wat fout gegaan het nie. Die vergadering het goed gegaan.

“Die volgende oomblik skiet hy my kliënte.”

Van Deventer het glo oor sy drie slagoffers gaan staan en hulle elkeen wéér geskiet.

Volgens Du Randt het Van Deventer vir hom gesê om te sit en vir sy eie prokureur, ene mnr. Beukman, om in die hoek te staan.

“Toe kyk hy ons in die oë, draai die vuurwapen op homself en trek die sneller. Ek kon dit nie glo nie.

“Ek kan aan niemand die vrees beskryf wat ek ervaar het nie,” het Du Randt gesê.

Me. Francisca Janse van Rensburg, Du Randt se sekretaresse, het gesê toe sy die skote hoor klap, het sy gaan kyk wat aangaan.

“Toe ek instap, het ek gesien die bloed loop uit een van die mans se nek uit.”

Du Randt vir haar gesê om te vlug.

“Toe ek loop, het nog skote geklap.

“Ek het onder ’n lessenaar gaan wegkruip.

“Ek het net die hele tyd gedink as dié man my vandag skiet, wat gaan van my kinders word?”

Van Heerden se dogter, Michelle, het van die skietery gehoor en op die toneel aangekom.

“Ek bel my pa, maar hy antwoord nie sy foon nie. Weet julle wat aangaan?” het sy aan die media op die toneel gevra.

Hulle moes haar inlig dat haar pa dood is.

Al wat sy huilend kon uitkry, was: “My pa, regtig my pa?”

Mnr. Ettienne Griessel, Griessel se broer, wou nie op die toneel met die media praat nie.

Mnr. Tewie Roux, ’n kollega van die drie slagoffers, het gesê hy was nie bewus van die vergadering wat hulle met die prokureurs gehad het nie.

“Hulle was drie fantastiese mense, mense met integriteit. Eerlik,” het hy gesê.

- Griessel en Erasmus was ook direkteurs van die ontwikkelingsmaatskappy Mine Citi (Edms.) Bpk.

Van Heerden was die onderneming se regsadviseur.